HESSEQUA NUUS - Daar het die afgelope week 24,4 mm reën in Riversdal se opvanggebied geval.
Dié maand het reeds sowat 91,7 mm reën hier uitgesak. Al die damme is boordens toe vol behalwe Olive Grove wat op 95% van kapasiteit staan.
Die jongste stand van damme:
19 Junie
- Korentepoortdam - 101%
- Duivenhoks dam - 100,9%
- Olive Grove - 100%
- Jongensfontein dam - 100%
26 Junie
- Korentepoortdam - 101%
- Duivenhoksdam - 101,1%
- Olive Grove - 95%
- Jongensfonteindam - 100%
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’