HEIDELBERG NUUS - Met soveel geweld teen seker die mees kwesbaarste sektor van die samelewing - vroue en kinders - is dit verblydend dat die kerk hul stem laat hoor teen dié groot euwel.
St. Barnabas Anglikaanse Kerk in Heidelberg het op Sondag 10 Maart hul jaarlikse viering ter ere van veral moeders met 'n kort optog vanuit die dorp tot by die kerk gevier.
Die diens is goed deur die plaaslike gemeente asook 'n paar gaste bygewoon.
Adjudant-offisier Blackie Swart, operasionele ondersteuningsbestuurder, asook Robyn Meyer, die plaaslike junior stasiebevelvoerder, was die twee geleentheidsprekers.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’