RIVERSDAL NUUS - Verskeie sportlui, afrigters en administrateurs is vir hul ywer, passie en trots vir hul jare lange toewyding aan die ontwikkeling van sport in die Hessequa-streek vereer - en eerbiedig aan 'n spesiale ererol toegevoeg.
Hulle het sedert 2016, toe Grant Riddles, die huidige uitvoerende burgemeester van die Hessequa-munisipaliteit, die sportraad ingestel het, onbaatsugtige gemeeskapsdiens gelewer.
Die vereerdes is:
- Arnold (Arnie) September - SWD
- Vernon September – SWD
- Martin (Bobbels) Riddles - SWD
- Basil Beukes - SWD
- Desmond (Dessy) Scholtz - SWD
- Jeffrey (Boetman) Hendricks
- Johannes (Pa) Paige
- Richard Roberts – SWD
- Colin Davids - SWD
- Clifford September - SWD
- Geoffrey Prins – SWD administrateur/skeidsregter
- Nicky Juta – SWD
Die tweede Hessequa-sportraad se gala-geleentheid is Vrydag, 19 Julie 2024, by die burgersentrum op Riversdal aangebied. Altesaam veertig prestasiepryse is aan verskeie uitblinkers in negentien afdelings toegeken.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’