RIVERSDAL NUUS - Gerrit du Plessis Sekondêr het Saterdag 24 Mei hul jaarlikse gholfdag by Riversdal-gholfklub aangebied.
Die gholfdag is jaarliks een van die skool se grootste fondsinsamelings en een op die plaaslike gholfkalender waarna daar uitgesien word.
Hierdie jaar het spelers van so ver as Kaapstad, Hermanus, Stellenbosch, Willowmore, George en Mosselbaai op die dorp toegesak om hul staal te wys.
Spelers vanuit die Hessequa-streek het glad nie teruggestaan nie en het die dag goed ondersteun.
Die wenners van die dag was:
Eerste: Denzil Geldenhuys en Reginald Bezuidenhoud van Heidelberg (53 punte).
Tweede: Garnet Damans en Charlton Sambo van Riversdal (51 punte).
Derde: Grandell Oktober en Andrew Shand van Heidelberg (50 punte).
Een van die grootste trekpleisters jaarliks is die kolhou wat hierdie jaar een gelukkige speler R30 000 in die sak kon besorg indien hy of sy 'n kolhou op die 13de gat kon slaan.
Ongelukkig kon geen speler daarin slaag nie.
Volgens die organiseerder, Philip Jantjies, was die dag 'n reusesukses en wil hy en die skool hul dank uitspreek aan elke deelnemer en borg wat die sukses van die dag verseker het deur middel van hul deelname, skenkings en bydrae.
Borge:
• JC Slagterye en Veebemarking wat die vleispryse geborg het
• Shell Garage en Dorpis Padstal
• Stevens Transport
• Protekma Risk Consultants (Stellenbosch)
• Snyman Boumateriaal
• Boshoff Visser Riversdal
• Bali Trading
• Riversdal Superspar
• Spitskop Steenwerke
• Blue Bottle Liquors
• Nieuscript
• Panorama Liquor Store
• Karin's Place & Riversdal Drankhandelaars
• SSK Riversdal
• Daries Roofing & Handyman Services
• Avianti Business Projects
• Mnr Marais Geldenhuys
• Mnr en Mev Gurthvon Adams
• Mnr Jansen Botha (VSA).
Jantjies en die skool nooi alle besighede, oudleerders en die gemeenskap om deel te raak van die skool se bedrywighede en 'n blywende verskil in hul leerders se lewens te maak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’