RIVERSDAL NUUS - Inwoners van wyk 8 gaan nie meer kospakkies ontvang nie, maar gesinne in nood kan kos by sopkombuise gaan haal.
Die porsie van die R900 000 wat deur Hessequa-munisipaliteit beskikbaar gestel is en wat dié wyk toekom, sal gebruik word om bestanddele aan te koop sodat kos by drie bestaande sopkombuise voorberei kan word.
Dit word deur ’n geregistreerde nie-regeringsorganisasie bedryf.
Die sopkombuise sal daagliks van 12:00 tot 13:00 by Bollie Konyn-kleuterskool vir inwoners van Aloeridge, by Kindersorg SA vir inwoners van Beverly Hills, Melrose Place en Môrestond en by die Ha!Qua-jeugsentrum vir inwoners van Panorama-uitbreiding uitgedeel word. Streng inperkingsmaatreëls in terme van handhawing van afstand, dra van maskers en higiëne sal geld.
Een lid van ’n gesin moet ’n houer saamneem om die kos te gaan haal. Die gesin se besonderhede en die eienaar van die huis se identiteitsnommer moet aan die vrywilligers wat diens doen, verskaf word.
Kontak Chris Taute by 083 298 4439 vir meer inligting.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'