RIVERSDAL NUUS - Die amptelike sooispitseremonie van die Riversdal-sonplaas net buite dié dorp is vanoggend hier gehou.
Dié projek sal Riversdal die eerste dorp in Suid-Afrika maak wat stabiele energie toevoer sal hê en uiteindelik onafhanklik van Eskom sal maak.
Verskeie hooggeplaaste gaste, waaronder Samantha Graham-Maré, adjunkminister van elektrisiteit en energie, Alan Winde, die Wes-Kaapse premier, Tertuis Simmers, Wes-Kaapse minister van infrastruktuur, en die uitvoerende bestuurslede van die Hessequa-munisipaliteit en van hul senior direkteure, het die geleentheid bygewoon.
Premier Winde was die geleentheidspreker.
Die hoofdoelwit van hierdie R210 miljoen hernubare energieprojek is om ononderbroke kragtoevoer na kritieke infrastruktuur te verseker, om openbare veiligheid en noodsaaklike dienste te verbeter en om ekonomiese verliese vir die talle besighede in die dorp te versag.
Dit sal die lewensgehalte van meer as 22 000 inwoners verbeter.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’