RIVERSDAL NUUS - Sleeping Beauty Kwilters vier in Februarie vanjaar hul 23ste verjaarsdag.
Dié kwiltgroep van Riversdal vergader een keer per maand met die doel om meer van dié lapkuns te leer.
Hul eerste byeenkoms vir 2025 vind plaas op Donderdagoggend, 16 Januarie, om 08:30 vir 9:00 in die NG Kerk Riversdal-Wes se saal in Versfeldstraat.
Die tema is juis vriendskapsoggend en hulle nooi belangstellende persone om te kom kyk en luister wat beplan word vir hierdie jaar.
Vir navrae kontak Sonette Burger by 083 350 5999.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’