SLANGRIVIER NUUS - Dié dorp, asook die hele Hessequastreek, is in ekstase ná die aankondiging dat Jonay Skietekat (19) die finaal van die Miss Teen Excellency SA gehaal het.
Jonay is een van 20 finaliste wat Saterdag 11 April in Johannesburg om die gesogte titel sal meeding.
Die wonderlike nuus is gister, 19 Maart deur die organiseerders aan haar oorgedra.
Daar word ook ’n dringende beroep gedoen op alle inwoners van die Hessequastreek om vir haar - die enigste deelnemer van die Wes-Kaap - te stem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’