Update Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Kombineer 'n liefde vir krieket met fondsinsameling vir 'n goeie doel en die eindresultaat is die tweede Ampie Moses Kanker Krieketfees.
Van 23 September tot 19 Oktober sal spanne op die Riverville-stadion in 'n kriekettoernooi met 'n totale prysgeld van R14 000 teen mekaar meeding.
Die toernooi word deur die kantoor van die uitvoerende burgemeester geborg en alle geld is ten bate van KANSA.
Volgens Grant Riddles, Hessequa se uitvoerende burgemeester, is die motivering agter die krieketfees nie net om geld in te samel nie, maar ook om 'n gemeenskapskultuur te skep en jong mense van die strate af te hou.
Die inisiatief het van 'n bekende Riversdaller wat vroeër hierdie jaar aan kanker oorlede is, Ampie Moses, gekom en daarom word hierdie jaar se geleentheid aan hom opgedra.
Kyk 'n video hieronder
Besighede en individue word genooi om spanne in te skryf. Daar is drie kategorieë vir mans en een vir vrouens. Inskrywingsgeld beloop R200 per span en die loting sal op Sondag 15 September plaasvind. Enigiemand wat as borg vir 'n individuele span wil optree, is ook welkom om van hulle te laat hoor.
Meer inligting kan by die organiseerders gekry word.
Mervin Prins kan by 063 897 7015 bereik word en Calvin Abrahams is by 083 543 1124.
Agter, van links: Rdle Simon Odendaal en Ben Smith, Raymond Heunis (bestuurder sosiale departement), Leighton Lawak (sportkoördineerder) en Johannes Hartnick (onderburgemeester). Voor: Andrew Stroebel (speaker), Calvin Abrahams (organiseerder), Brenda Scholtz (KANSA), Grant Riddles (uitvoerende burgemeester), rdl Margaret Jacobs en Mervin Prins (organiseerder).Foto: Deona Aucamp
Lees 'n vorige artikel hier: Laat die kolwe klap vir Kansa
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'