RIVERSDAL NUUS - Inskrywings open binnekort vir die Ampie Moses Kanker Krieketfees wat ten bate van KANSA in die Riverville-stadion op Riversdal gehou sal word.
Die toernooi word deur die kantoor van die Hessequa uitvoerende burgemeester geborg.
Belangstellendes kan die organiseerders kontak vir meer inligting. Mervin Prins kan bereik word by 063 897 7015 en Calvin Abrahams by 083 543 1124.
Agter, van links: Rdle Simon Odendaal en Ben Smith, Raymond Heunis (bestuurder sosiale departement), Leighton Lawak (sportkoördineerder) en Johannes Hartnick (onderburgemeester). Voor: Andrew Stroebel (speaker), Calvin Abrahams (organiseerder), Brenda Scholtz (KANSA), Grant Riddles (uitvoerende burgemeester), rdl Margaret Jacobs en Mervin Prins (organiseerder). Foto: Deona Aucamp
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'