STILBAAI NUUS - Huis Stilbaai en Badisa Stilbaai spook behoorlik om hulle begrotings te laat klop en hulle het elke sent nodig wat hulle kan kry van skenkings en donasies.
Die regering het subsidies vir bejaardesorg tot op die been gesny en dit raak al moeiliker om kop bo water te hou.
Om hierdie rede bied Fynbos Apteek jaarliks 'n gholfdag aan om fondse in te samel vir hierdie organisasies.
Hierdie jaar vind die gholfdag plaas op die 22ste Februarie en dit is 'n vierbal alliansie oor nege gate.
Daar is verversings op al nege gate en 'n vingerete tydens die prysuitdeling.
Op die koop toe kry jy 'n gratis suikertoets.
Skakel Corrie by 028 754 2625 vir enige navrae rakende inskrywings.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’