HESSEQUA NUUS - 'n Verkorte weergawe van die burgemeester se ses-'n-kant kriekettoernooi sal Vrydag, 4 Junie afskop.
Die eindronde sal op Jeugdag, 16 Junie gespeel word.
Inskrywings sluit op 7 Mei.
Vorms is by Leighton Lawak by Riversdal Thusong-dienssentrum in Van den Bergstraat beskikbaar.
Fooie beloop R200 per span en elke span moet hul eie toerusting voorsien. Slegs 16 spanne sal toegelaat word.
Enige navrae kan aan Lawak (028 713 7803) gerig word.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'