Video
RIVERSDAL NUUS - Groot opwinding en ’n feestelike atmosfeer heers tans by die jaarlikse Riversdal-skou, wat van vandag tot Sondag op die skouterrein plaasvind.
Inwoners en besoekers stroom saam om deel te wees van die aksie, vermaak en landbou-uitstallings wat dié gewilde gemeenskapsgeleentheid bied.
Die perde-arena was gisteraand reeds ’n miernes van bedrywighede, met massa-atletiek en perde-items wat die skare op hul voete gehad het. Vandag en die res van die naweek duur die aksie voort met ’n vol program wat iets vir oud en jonk beloof.
Besoekers kan uitsien na heerlike kos, insluitend tradisionele skaapkop-etes, asook ’n verskeidenheid stalletjies en ’n pretpark vir die jongspan. ’n Wol-inligtingsessie bied waardevolle insigte vir belangstellendes in die landbousektor.
Vanaand se program sluit ook rofstoei-wedstryde in wat beloof om groot belangstelling te lok.
Die Riversdal-skou is beslis die plek om dié naweek te wees – ’n viering van landbou, gemeenskap en kuierkultuur in die hart van die Suid-Kaap.
Video:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’