ALBERTINIA NUUS - Gesondheidspersoneel het Vrydag, 18 Februarie die geleentheid gehad om vir 178 skoliere van Hoërskool Albertinia meer inligting oor gesinsbeplanning en seksueeloordraagbare siektes te gee.
Meisies en seuns is in kleiner groepe verdeel, inligting is deurgegee en vrae is beantwoord.
Hierdie sessies vorm deel van STI and Condom Month in Februarie.
Inligtingsessies is ook by die plaaslike kliniek gehou, wat dieselfde inligting aan 'n ouer groep mans en vroue deurgegee het.
Tydens hierdie sessies is die belangrikheid van kommunikasie tussen ouers en kinders beklemtoon.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'