Update Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Die bestuurder van ’n vragmotor wat Dinsdagoggend 7 April op die N2 omgeslaan het, is volgens die polisie met ligte beserings in die plaaslike hospitaal opgeneem.
Suid-Kaap Forum het om 11:30 op die ongelukstoneel by die skerp draai voor die Soetmelksrivier-afrit, ongeveer 10 km voor Riversdal afgekom.
Die vragmotorbestuurder het blykbaar beheer oor die voertuig verloor en dit het die pad verlaat. Nooddienste was besig om die bestuurder met meganiese kake uit die erg beskadigde kajuit te bevry.
Hy was alleen in die voertuig en geen ander voertuie was by die ongeluk betrokke nie. Geen verdere inligting is bekend nie.
Verlede jaar op 5 Julie was die bestuurder van ’n vragmotor per lugambulans na die hospitaal geneem nadat die vragmotor die pad om dieselfde draai verlaat het. Hy moes ook met meganiese kake uit die wrak bevry word.
Kyk 'n video hieronder:
Vorige artikel: Ernstige vragmotorongeluk op N2
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'