Breaking News Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - ’n Vragmotorbestuurder het waarskynlik beheer om die draai op die N2 digby die Soetmelksrivier-afrit, ongeveer 10 km buite Riversdal verloor en deur die staalversperring gebars.
Die vragmotor het in die bosse tot stilstand gekom. Die voorval moes ongeveer 11:00 vandag (7 April) plaasgevind het.
Nooddienste was reeds op die toneel en was besig om die bestuurder uit die erg beskadigde kajuit met meganiese kake te bevry.
Dit is nie in hierdie stadium seker of die bestuurder alleen in die vragmotor was nie.
Meer inligting volg sodra bekend.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'