Update
HEIDELBERG NUUS - 'n Slagter en winkeleienaar het Woensdag 8 April heelwat kinders se hongerpyne gestil.
Bertus Olivier het behoeftige gesinne met kinders aan wie hy kospakkies wou skenk, met die hulp van Heidelberg-rugbyklub geïdentifiseer.
Lede van die klub het gesinne in Dollar-vierkant, Olympiclaan en in Laer Hoogstraat noodkamp uitgewys. Die pakkies het hoofsaaklik brode en blikkies appelkooskonfyt ingesluit.
Olivier het ook aan die rugbyklub brode en blikkies konfyt geskenk waarmee hulle 'n verdere 30 kospakkies kon opmaak om aan behoeftige spelers, wat erg deur die inperking geraak word, uit te deel.
Die voorsitter van die klub, Julian Buis, het Olivier hartlik vir die gebaar bedank: "Dis in lyn met soortgelyke skenkings deur besighede en privaat persone dwarsoor die land, om die druk van die inperkingstyd vir behoeftiges te help verlig." - Alex Marshall, korrespondent
Brode en blikkies konfyt wat deel van die skenking gevorm het.
Vorige artikel: Winkelier verdryf hongerpyne
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'