Update
HESSEQUA NUUS - Suid-Kaap Forum het verskeie klagtes van die gebruik van 'n sirkel ontvang.
Dit blyk dat van die bestuurders meen dat meeste motorbestuurders nie weet hoe om veral kleiner sirkels te gebruik nie.
Die hoof van beskermingsdienste, Adneshel Voss, het gesê: "Volgens wetgewing en die padverkeersreëls ten opsigte van verkeersirkels, geld die goue reël: Gee toe na die regterkant. Verkeersirkels is ontwerp om die verkeer se spoed te verminder en verkeersvloei te verbeter. Dit is belangrik om jou voorneme aan te dui en jou flikkerlig aan te sit waar nodig."
Volgens die AA, sowel as Arive Alive kan jy die volgende reëls volg wanneer jy die sirkel gebruik:
- Die persoon wat eerste die sirkel nader en eerste by die lyn is, het die reg om eerste die sirkel binne te gaan.
- Die toegee na die regterkant geld slegs wanneer daar reeds 'n ander motor in die sirkel is of wanneer die persoon wat van jou regterkant aankom voor jou die lyn bereik.
- Wanneer twee of meer voertuie die sirkel nader mag die bestuurder wat eerste by die sirkel/lyn is eerste ry ten spyte daarvan dat daar 'n voertuig van die regterkant op pad is en verder van die lyn weg is.
Kyk 'n video hieronder:
Lees 'n vorige artikel: Hoe gemaak by 'n klein sirkel?
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'