STILBAAI NUUS - Die Twee Oseane-akwarium opleidingstigting besoek Stilbaai Donderdag 19 Februarie om mense bedag te maak en in te lig oor wat om te doen as klein pasgebore seeskilpadjies uitspoel.
Van Maart tot Junie is die tyd wat seeskilpaaie gebore word en baie beland op die rotse of op die strand.
Die praatjie gaan agtergrond gee oor seeskilpaaie en baie belangrik is om wat jou te doen staan indien jy op so 'n pasgebore seeskilpadjie afkom.
Dit is baie belangrik om hulle nie terug te sit in die water nie, maar droog te hou en onmiddellik vir CapeNature of alternatiewelik die NSRI se plaaslike noodnommer 082 990 5978 te skakel.
Die praatjie gaan Donderdagmiddag vanaf 14:30 by Stilbaai NSRI se gebou plaasvind en almal is welkom om by te woon.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’