STILBAAI NUUS - Die Twee Oseane-akwarium in Kaapstad se Opleidingstigting besoek Stilbaai op Donderdag, 19 Februarie.
Hulle gaan 'n praatjie by die NSRI aanbied om mense bewus te maak en in te lig oor wat om te doen wanneer klein, pasgebore seeskilpadjies uitspoel.
Van Maart tot Junie is die tyd wanneer seeskilpaaie gebore word, en baie van hulle beland op die rotse of op die strand.
Met geboorte is die koue water hier langs die kus 'n groot skok vir hulle, en hulle lyk baiekeer of hulle dood is, maar dit is nie die geval nie.
Dit is dus belangrik dat soveel as moontlik mense bewus gemaak word van wat om te doen as jy op so 'n seeskilpadjie afkom.
Seeskilpaaie begin eers eiers lê in hul twintigs, maar kan tot in hul tagtigs leef.
Getalle neem drasties af as gevolg van menslike aktiwiteite, en plastiek in die see is een van die grootste oorsake.
Merk Donderdag, 19 Februarie, in jou dagboek en woon die bewusmakingsessie by. Die tyd sal nader aan die geleentheid bekend gemaak word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’