STILBAAI NUUS - Seagulls het Saterdag goeie rekenskap van hulleself gegee en die sterk spanne van George moes mooi trap.
Seagulls se C-span het die wedstryd in hulle guns beklink met 'n wentelling van 20 - 19 nadat hulle rustyd 10 - 5 voorgeloop het.
Seagulls B het ook die knoop deurgehaak en nadat hulle rustyd 14 - 5 voorgeloop het, het hulle uiteindelik geseëvier met 19 - 10.
Die A-span het 'n moeilike eerstehelfte beleef en was rustyd 19 - 3 agter. Hulle het egter in die tweede helfte mooi teruggeveg om 'n gelykop telling van 24 - 24 af te dwing ten spyte van die rooikaart wat hulle met 14 man gelaat het.
Saterdag 10 Mei is dit die groot derby as hulle Riversdal Blues in Melkhoutfontein pak en ondersteuners sal moet vroeg roer as hulle dink aan 'n goeie sitplek, want die toeskouers gaan in hulle getalle opruk.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’