STILBAAI NUUS - Seagulls speel Saterdag 12 April in Melkhoutfontein teen Progress van George en dit behoort 'n klipharde wedstryd te wees.
Na hulle vuurdoop in die SWD se Superliga-A teen Bridgton speel hulle vir die eerste keer tuis in die topliga en die ondersteuners moet in hulle massas opruk om Seagulls te dra.
Die goeie nuus vir pensionarisse is dat Seagulls se bestuur besluit het dat hulle gratis toegang kry vir alle tuiswedstryde mits hulle bewys kan lewer dat hulle wel pensionarisse is.
Hierdie mooi gebaar is weereens net 'n bewys dat Seagulls omgee vir die gemeenskap en nie net wil rugby speel nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’