STILBAAI NUUS - Daar is nie maklike wedstryde in die SWD se topliga nie, maar Seagulls reis vol vertroue Oudtshoorn toe om Harlequins Saterdag 17 Mei te pak.
Harlequins is nie 'n maklike span nie, maar as Seagulls hulle voorspelers ordentlik vasvat kan die gevaarlike agterlyn baljaar op die harder veld in Oudtshoorn.
Verlede Saterdag se klipharde stryd teen Riversdal Blues was baie goeie voorbereiding en Seagulls se naelskraapse oorwinning het baie gedoen vir hulle selfvertroue.
Seagulls se volgende tuiswedstryd is Saterdag 24 Mei wanneer hulle Evergreens in Melkhoutfontein pak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’