STILBAAI NUUS - Seagulls reis Saterdag weer na Riversdal vir 'n vriendskaplike wedstryd om voor te berei vir die seisoen.
Die A-span speel teen Riversdal Dorp se A-span, terwyl Seagulls B kragte meet met Van Wyksdorp se A-span en die C-span speel teen United Kings.
Dit sal Seagulls se wedstrydfiksheid 'n hupstoot gee en hulle sal terselfdertyd kan meet of hulle skaafwerk suksesvol was.
Die wedstryde sal by die Steg Stadion in Riversdal plaasvind.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’