STILBAAI NUUS - Sedgefield se Eagle Stars Rugbyklub speel Saterdag 26 Julie in Melkhoutfontein teen Seagulls en dit behoort 'n interessante wedstryd te wees.
Seagulls moet hulle nie laat flous met die feit dat Eagle Stars op hierdie stadium die agterosse is in die kompetisie nie en dit moet eerder as motivering dien om hulle beste te gee.
Elke tuiswedstryd is belangrik en as die ondersteuners opruk sportgronde toe maak dit die taak aansienlik makliker.
Indien Seagulls se sterk pak voorlangs die grondslag lê sal dit die snellers in die agterlyn kans gee om te baljaar en dit is tog wat die ondersteuners wil sien.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’