STILBAAI NUUS - Met Crusaders wat alreeds gekwalifiseer het om in die tweede rondte in die SWD Superliga-A se Top-agt te speel en Seagulls wat dit nie meer kan maak nie is die wedstryd net van akademiese belang, maar die spelers benader dit net soos enige ander wedstryd.
Seagulls, Riversdal Blues, George en Harlequins of Groot-Brakrivier speel in die tweede rondte teen die top-vier spanne van die B-liga om te bepaal watter vier spanne by die Top-agt aansluit in 2026.
Nie een van hulle wil volgende jaar in die B-liga speel nie en elke wedstryd in die tweede rondte is dus van uiterste belang.
Alhoewel daar net eer op die spel is in Saterdag se wedstryd sal dit baie vir die spelers beteken as die toeskouers in hulle massas opruk om hulle te ondersteun.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’