Update
STILBAAI NUUS - Inperking en die gepaardgaande ekonomiese onsekerheid het besighede in onbekende waters laat beland.
Dit het Stilbaai-sakekamer laat besluit om hul inligting en insigte met alle besigheidslui in die dorp te deel, nie net met lede nie.
Voorsitter Rachel Wall sê hulle gaan ook inligting en voorstelle in verband met hulppakkette wat vir klein en medium ondernemings beskikbaar is, deel.
Hulle doelstellings is onder meer om strategieë ten opsigte van kontinuïteit terwyl die gevolge van die virus voelbaar is te formuleer, asook om nuwe idees om plaaslike ekonomieë te herbou, te vind.
Volgens Wall is hulle buiten gereelde samesprekings met Hessequa-munisipaliteit, ook op weeklikse basis by die Tuinroete-distrik ekonomiese en toerismekomitee, asook 'n werkskomitee onder leiding van Paul Hoffman van South Cape Economic Partnership betrokke. Hulle doen ook periodieke opnames onder plaaslike besighede sodat praktiese aksieplanne vir die gebied opgestel kan word.
Enige voorstelle en insette is welkom. Stuur 'n e-pos aan rachelw@absamail.co.za
Vorige artikel: Sakekamer ondersteun alle besighede
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'