HEIDELBERG NUUS - Die saak teen die middeljarige man wat weer vlugtig op Vrydag 1 Februarie in die hof op aanklag van seksuele aanranding verskyn het, is tot Dinsdag 19 Februarie uitgestel.
Die beskuldigde, 'n 55-jarige inwoner van die dorp, is ingevolge artikel 62 (f) borgtog toegestaan.
Hy is op eie verantwoordelikheid vrygelaat en mag onder geen omstandighede met die slagoffer in aanraking kom nie.
Hoewel hy met die slagoffer se ma mag kommunikeer, mag hy nie die saak met haar bespreek nie.
Daar heers groot ontevredenheid rakende die voorwaardes.
Die beskuldigde word daarvan beskuldig dat hy sy vriendin se 11-jarige dogter seksueel aangerand het. Die aanrandings het na bewering oor 'n tydperk van twee jaar gestrek.
Volgens ao. Alroy Windvogel, plaaslike polisiewoordvoerder, het 'n onderwyser die voorval onder die skoolowerhede en polisie se aandag gebring nadat hy opgemerk het dat die leerder vreemd optree.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'