STILBAAI NUUS - Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het 'n waarskuwing uitgereik dat rowwe seetoestande gaan heers teen die Weskus asook die Suid-Kaapse kus.
Aangesien dit volmaan is, is dit ook spring hoog- en laaggety en dit tesame met die rowwe see veroorsaak gevaarlike seetoestande.
Bote, swemmers, hengelaars en almal naby die see moet uiters versigtig wees en veiligheid is 'n prioriteit.
Die NSRI Stasie 31 in Stilbaai se noodnommer is 082 990 5978.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’