STILBAAI NUUS - Die strand by Jongensfontein is tans vervuil met rooiaas wat gedurende die afgelope paar dae se stormweer uitgespoel het.
Volgens Tinus van den Berg, speaker van die Hessequa-munisipaliteit en wyksraadslid vir Wyk 3 en Jongensfontein, is die munisipaliteit bewus van hierdie natuurlike verskynsel op Jongensfontein se swemstrand en word die situasie noukeurig gemonitor.
Die munisipaliteit verwag verdere stormweer Sondag en Maandag wat moontlik daartoe kan lei dat die rooiaas óf weer deur die see teruggetrek word, óf verder op die strand uitgespoel word. Indien laasgenoemde gebeur, sal dit verwyder word.
Van den Berg doen 'n beroep op die gemeenskap om die natuur eers sy gang te laat gaan, waarna die munisipaliteit sal optree in die beste belang van die gemeenskap.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’