Video
RIVERSDAL NUUS - Die Riversdal-skou 2026 se Groetmekaaraand het Woensdagaand in die FNB-lokaal op die skouterrein plaasgevind en ’n warm, feestelike atmosfeer geskep.
Ou bekendes het mekaar weer ontmoet en nuwe vriendskappe is gesmee tydens die gesellige geleentheid wat as afskop vir vanjaar se skou dien.
Glasies is geklink terwyl borge amptelik bekendgestel is en waardering vir hul volgehoue ondersteuning uitgespreek is.
Verskeie sprekers het die belangrikheid van samewerking en gemeenskapsgees beklemtoon, waarna die aand met ’n smaaklike ete afgesluit is.
Die geleentheid het weereens bevestig dat die Riversdal-skou ’n hoogtepunt op die plaaslike kalender is.
Video: Ben Snyman
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’