Gallery Update
RIVERSDAL NUUS - Die landbouskou is elke jaar een van die streek se groot hoogtepunte op die kalender. Daar is iets van alles vir almal se smaak, sodat niemand teleurgesteld huis toe gaan nie.
Hierdie jaar was geen uitsondering nie en soos gewoonlik was dit 'n groot sukses.
Ons het die skoupresident, Pieter van Wyk, gepols oor die sukses van die skou, waarop hy soos volg geantwoord het: "Riversdal-landbouskou was hierdie jaar een van die mees opwindendste skoue wat die landbougenootskap nog aangebied het.
Een van die redes vir die sukses van die skou hierdie jaar kan toegeskryf word aan 'n volgepakte program met iets vir almal met 'n eg plattelandse atmosfeer waar jy nie net 'n draai by die skou maak nie, maar bly om te kuier en deel te word.
Daar was ook 'n paar nuwe aanbiedinge op die program soos die Kalahari Red-kampioenskappe, NWKV se skaapskeerkompetisie en natuurlik die spoedskeerkompetisie Vrydagaand wat vir groot opwinding gesorg het.
Skoutyd is selfs geseën met lekker reën wat niemand teruggehou het nie omdat die meeste aktiwiteite onder dak of tente plaasgevind het. Die lekker warm eet en drinkgoed het beslis hierby gebaat.
Die opkoms was baie goed en ons gaste kon baie goeie sprekers en kunstenaars soos Cindy Swanepoel, Corné Krige, Steve Hofmeyr en Manie Botha geniet.
Dit is baie lekker om soveel goeie terugvoer hierdie week te ontvang en ons is baie dankbaar daarvoor.
Ons wil ons opregte dank uitspreek teenoor elke vertoner, uitstaller en borg wat bygedra het tot die sukses van die skou."
FOTOGALERY: Groot pret by Riversdal-skou!
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'