RIVERSDAL NUUS - Die 156ste Riversdal Landbouskou het vanmiddag (Woensdag 19 Februarie) op ‘n winderige noot geopen.
Heel gepas is perde eerste aan die beurt om 14:00 met die handklasse in die hoofarena. Dit word om 15:00 opgevolg met die perdespring-items, ook in die hoofarena.
Maar die grootste belangstelling is vir vanaand se Groetmekaar-byeenkoms in die FNB-lokaal om 19:00 waar die verskillende borge en belangrike persone in Hessequa gaan skouers skuur, lekker eet en ook iets vir die dorstige kele inneem.
Dié gewilde aandete word deur Riversdal Toyota en Toyota Financial Services geborg.
Skoutoegang vir volwassenes is R30 en kinders betaal R15.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’