RIVERSDAL NUUS - Riverdal Blues se B-span het Saterdag hul plek in die eindstryd bespreek nadat hulle Harlequins in Oudtshoorn met 40 - 35 getroef het.
Die span het in ’n spanningsvolle wedstryd hul karakter gewys en die oorwinning oor die sterk Quins beklink om sodoende finaaltoegang te verseker.
Dit was egter nie ’n feesdag vir al die Blues-spanne nie. Die A-span het naelskraap met 39 - 41 geknak, terwyl die C-span met 12 - 24 die knie moes buig.
Met die B-span wat nou die eindstryd in die gesig staar, is die Riversdal-gemeenskap vol hoop dat hulle die silwerware huis toe sal bring.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’