Video
HEIDELBERG NUUS - Opwinding bou op vir die Heidelberg Groot Pampoenfees waar almal wag om te sien wie vanjaar die swaarste pampoen gekweek het.
Verlede jaar se wenner, Piet Lotz, het ’n rekord van 1 120 kg opgestel.
Dit gaan moeilik wees om dit te klop.
Die fees begin Donderdag met ’n gholfdag en Amoré Rudman se optrede.
Vrydag en Saterdag skuif die aksie na die skouterrein met ’n nagmark, kosstalletjies en kunstenaars soos SP Keyser, Burger le Roux en Juan Boucher.
Die hoogtepunt is Saterdag se pampoenweeg.
Die driedaagse fees lok jaarliks duisende besoekers en bied vermaak vir die hele gesin.
Video: Piet Lotz
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’