STILBAAI NUUS - Menige motoris kon Saterdag 12 April hulle oë nie glo toe hulle 'n F1 renmotor by Engen in Stilbaai sien staan nie.
Dit was eers toe hulle van nader kyk wat hulle agterkom dat dit 'n presiese weergawe is van Red Bull se F1 renmotor van so drie jaar gelede.
Red Bull is op 'n landwye bemarkingstoer met die motor en het oppad van Kaapstad in Stilbaai oorgeslaap voordat hy verder na Oos-Londen geneem is.
Vir 'n paar motorentoesiaste was dit seker teleurstellend dat hy in 'n trok vervoer word, want hulle sou sekerlik graag hulle vernuf teen hom wou toets op die pad.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’