HEIDELBERG NUUS - Die berig "Brand eis 9-jarige se lewe" in die Suid-Kaap Forum van Vrydag, 27 Januarie is nie feitelik korrek nie. Die korrekte feite is as volg:
"Mnr. Bayman van Hessequa-munisipaliteit het eerste op die toneel met 'n brandweervoertuig, 'n bakkie gevul met water, gearriveer.
Met sy aankoms is hy ingelig dat daar 'n kind in die brandende huis is.
Mnr. Bayman het die bakkie se water gebruik om die vertrek te spuit waar hulle aangedui het dat die kind hom bevind en het ook die brandende huis betree om na die kind te gaan soek.
Nadat hy nie die kind in die vertrek wat hul aangedui het kon opspoor nie, het hy om die huis beweeg en die kind in 'n ander vertrek waargeneem waarna hy weereens die brandende huis betree het om die kind te gaan uithaal.
Hy het die kind persoonlik aan die ambulans- personeel oorhandig vir behandeling."
Ons vra om verskoning indien die oorspronklike berig die Hesssequa-munisipalieit in 'n slegte lig gestel het.
Verwante artikel: Brand eis 9-jarige se lewe
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'