STILBAAI NUUS - Die tradisionele Stilbaai raakrugby toernooi op 26 Desember is in perfekte weersomstandighede gespeel en die spanne het mekaar behoorlik opgekeil.
Die afgelope jaar of twee se storms het die riviermond egter 'n bietjie verander en van die velde was sommer vroegdag al amper heeltemal onder water.
Dit het 'n heel nuwe dimensie aan raakrugby gegee en sommige toeskouers aan die rivierkant van die velde het by tye halflyf diep in die water gestaan.
Die hoofveld was egter droog en dit het die spoedvrate gepas.
Die Challenger Cup is gewen deur die Struisbaai Warriors en hulle sal volgende jaar opskuif om in die Pro Series te speel.
Liberty Webb Touch het hulle goeie vorm voortgesit en weggestap met die Grand Prix trofee.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’