HEIDELBERG NUUS - Rozlynn Scholtz, ’n gr. 10-leerder aan Hoërskool Heidelberg, het die pot lekkers gewen wat deur die gr. 11-leerders as deel van ’n fondsinsamelingsprojek aangebied is.
Deelnemers moes raai hoeveel lekkers in die pot was.
Rozlynn was in die kol met haar raaiskoot van 307 lekkers.
Sy het haar wenprys van De Villiers Esterhuizen, adjunkhoof, in ontvangs geneem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’