HESSEQUA NUUS - Ongeveer 15 hektaar aangeplante Proteas op die plaas Kanetberg, asook 'n ingerigte huis wat as gastehuis bemark sou word, is in die Gysmanshoek/ Grootvadersbosbrand wat sedert 8 Februarie woed, vernietig.
“Al ons berggrond waarop veld-oes gedoen is, het ook gebrand. Gelukkig het ons Protea-pakstoor, woonhuis en arbeiders-huise nie deurgeloop nie,” vertel Erica Taljaard van die plaas.
Op die plaas Kortfontein het een Bonsmara-bees doodgebrand.
VERWANTE ARTIKEL: Wildfire update: Gysmanshoek
Die departement van bosbou, visserye en die omgewing se brandbestryders staan die Tuinroete-distriksmunisipaliteit en CapeNature steeds by met pogings om die brand te bestry.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'