GEORGE NUUS - Progress-rugbyklub het Saterdag in die doodsnikke van hul tuiswedstryd teen Heidelberg-rugbyklub, met 24 - 22 gewen.
Dit, nadat hulle rustyd met 7 - 12 agter was in die vyfde ronde van die SWDRU Superliga A Top 8-wedstryd.
Met die verloor is die besoekers ietwat van ’n knou toegedien, en sal hulle maksimum punte uit hul laaste twee wedstryde moet kry om ’n tuis halfeindstryd te verseker.
Daar is sewe keer agter die doellyn gaan kuier, waarvan die wenners vier en die verloorders drie keer gedruk het. Heibi het darem een bonuspunt vir hulself verseker.
In die ander twee wedstryde het die tuisspan se C-span met 27 - 15 gewen, terwyl Heibi se B-span die bordjies met 24 - 19 verhang het.
Voor die afskop van die hoofwedstryd, het beide spanne ’n minuut van stilte gehou om eer te betoon aan een van die Suid-Kaap se ikoon-afrigters, Stanley Kruger.
Kruger, hoofafrigter van Crusaders-rugbyklub, het Donderdag tragies in ’n motorfietsongeluk gesterf.
Heibi speel Saterdag 30 Augustus tuis teen Bridgton van Oudtshoorn in hul voorlaaste ligawedstryd.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’