STILBAAI NUUS - Daar was geen genade toe die ses netbalspanne mekaar gepak het Woensdagaand nie en alhoewel dit 'n pret toernooi is wil niemand tog verloor nie.
Na drie rondes het Thunder Sisters hulle voorsprong gerek, maar in die volgende drie weke kan enigiets nog gebeur aangesien daar nie net punte is vir 'n wen nie.
Thunder Sisters staan tans op 37 punte met Berties op 26, Seagulls en High Hoops lê gelyk met 24 punte elk, gevolg deur 007 met 21 punte en dan sit Goal Diggers op 9 punte. Hulle sal verseker 'n haas uit die hoed moet trek om nie die houtlepel te kry nie.
Die volgende ronde sal Woensdag 26 Februarie gespeel word en daar sal dit begin duidelik raak hoe die finale daar gaan uitsien.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’