HEIDELBERG NUUS - Heidelberg-polisievroue, administratiewe personeel en traumakamer-vrywilligers het Donderdag, 20 Augustus hul Vrouemaandprojek wat deur sers Imorgene Hendricks geïnisieer is, geloods.
Volgens Hendricks het hulle 'n skenking van Grant Riddles, Hessequa se uitvoerende burgemeester ontvang en kon hulle 40 vroue van die Oos-Dorp met geskenkpakkies bestaande uit maskers en handreinigers bederf.
Hendricks het na afloop van die verrigtinge haar kollegas, as dankbetuiging vir hul ondersteuning met die projek, met versnaperinge bederf.
Die groep vrouelede van die plaaslike polisiestasie, onder leiding van sers Imorgene Hendricks (derde van regs) het 40 vroue met geskenkpakkies as deel van Vrouemaand bederf. Foto: Clive Pretorius
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'