RIVERSDAL NUUS - 'n Kinderverkragter is in die Riversdal-streekhof lewenslange tronkstraf opgelê.
Riversdal-polisie se kommunikasiebeampte, konstabel Venia Daries het bevestig dat Jerome Heinwale Thyse se vonnisoplegging op Donderdag, 3 September plaasgevind het. Hy is daaraan skuldig bevind dat hy 'n minderjarige meisie op 11 November 2017 in die Riversdal-omgewing verkrag het.
Die slaggoffer se ouderdom en adres word weerhou van publikasie om haar identiteit te beskerm.
- Drie mense, Yahceam Ceamy Saayman, Jasmine Mienie Saayman en Keanan Boytjie Saayman, wat skuldig bevind is aan aanranding op polisiebeamptes en crimen injuria, is elk 'n opgeskorte vonnis opgelê, met die voorwaarde dat hulle bepaalde gemeenskapsdienslewering verrig. Hulle is daarvan aangekla dat hulle op 14 November 2017 die Riversdal-polisiebeamptes aangerand en volgens die gemenereg die beamptes se eer en waardigheid aangetas het.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'