RIVERSDAL NUUS - Die polisie vra dringend die hulp van die gemeenskap om enige inligting wat hul moontlik mag hê oor 'n verkragting wat op 7 April vanjaar plaasgevind het, aan hulle te verskaf.
Die voorval het om ongeveer 23:55 by die spooroorgang na Môrestond plaasgevind. "Die slagoffer, 'n bruin man was vanaf Donny's Inn taverne te voet onderweg na Tubby, 'n ander drinkplek, toe hy deur 'n onbekende bruin man oorval is," sê ao. Swannie Swanepoel, ondersoekbeampte by die Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Misdrywe Eenheid (GKS).
Die verdagte het ten tyde van die voorval koningsblou nr. 6 Puma tekkies met 'n wit streep aan die buitekante gedra. Enigiemand met inligting kan Swanepoel by 082 522 1059 skakel.
Alle inligting sal anoniem hanteer word.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'