HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike polisie het die afgelope paar weke hard toegeslaan op vermeende dwelmsmouse in beide Heidelberg en Slangrivier.
In Slangrivier het hulle in samewerking met die Da Gamaskop-streekseenheid by verskeie huise ondersoeke geloods en ‘n 41-jarige man in hegtenis geneem nadat daar beslag gelê is op 140 Mandraxpille en 6 gram tik in sy besit.
Volgens sers. Imorgene Hendricks, plaaslike mediabeampte, beloop die straatwaarde van die dwelms ongeveer R14 000.
Die beskuldigde, Thiophilus Juqo, is op aanklag van handel in dwelms aangekla en het Maandag 13 Mei in die hof verskyn.
Die saak teen hom is onbepaald uitgestel totdat die labotoriumverslag bekend is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’