Terwyl Suid-Kaap FORUM by Dollar Square die verrigtinge dopgehou het waar hulle 'n inwoner van die buurt se huis deursoek het, het daar baie nuuskieriges waaronder heelparty kinders onder 12, saamgedrom om te kyk of die polisie iemand sou arresteer.
Daar is egter niemand in hegtenis geneem of op enige dwelms of drank beslag gelê nie.
Volgens ao Alroy Windvogel, plaaslike skakelbeampte, was dié aksie deel van die aaneenlopende aksies wat hulle teen dwelmsmokkelaars en onwettige drankhandelaars loods.
"Die soort aksies word ook gereeld in ander dorpe in die streek gedoen." Windvogel het ook gewaarsku dat hulle nie hul aksies in die verband gaan verslap nie.

Polisievoertuie in Dollar Square
ARTIKEL EN FOTO: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM-KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'