STILBAAI NUUS - Die volgende kapsessie om indringerplante op dié dorp hok te slaan word vir Saterdag 12 Oktober beplan.
Deelnemers moet om 10:00 oorkant erf 657, aan die linkerkant van die pad en 150m duskant die gholfklub se hek, bymekaar kom waar sameroeper Deon Begemann hulle sal ontmoet.
Begemann benadruk dat 22% van alle plantspesies wat in Suid-Afrika uitgesterf het, deur indringerplante oorweldig is.
Die projek wat vroeër hierdie jaar deur die Stilbaai Bewaringstrust begin is, het reeds 'n merkbare vermindering van indringers op erf 657 te weeg gebring. Hy herinner kappers om afweermiddel teen bytende muggies aan te wend en ook beskermende klere te dra.
Begemann kan by 082 440 7910 gekontak word.
Lees vorige berigte hier:
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'