RIVERSDAL NUUS - Alexander Panzek het Maandagoggend ’n petisie aan die Hessequa-munisipaliteit oorhandig waarin hy meer as 540 handtekeninge gekry het onder andere oor die beweerde onregverdige afdanking van voormalige munisipale werker, Sophia Cloete, en die onregmatige aanstelling van munisipale bestuurder, Albert de Klerk.
Volgens Panzek, gemeensapsvegter en -aktivis, versoek die petisie die munisipaliteit om ’n deursigtige ondersoek na Albert de Klerk se aanstelling as munisipale bestuurder en sy werkspraktyke van stapel te stuur.
“Ons is bemoedig deur die munisipaliteit bereidwilligheid om met inwoners in gesprek te tree en sien uit na u reaksie rakende die volgende stappe en die ondersoek na De Klerk se aanstellings- en afdankingspraktyke, asook sy beweerde onreëlmatige aanstelling as munisipale bestuurder van die Hessequa-munisipaliteit - onder andere kwessies wat in die petisie uitgelig is,” sê hy.
“Met byna 540 gemeenskapslede wat die petisie onderteken het, doen ons ’n ernstige beroep op die munisipaliteit om ’n deeglike, deursigtige en onpartydige ondersoek te doen.”
“Wees verseker dat ons daaraan toegewyd is om konstruktief met alle relevante rolspelers saam te werk om te verseker dat ons gemeenskap se stemme gehoor word en dat ons bekommernisse met integriteit aangespreek word,” sluit hy af.
Volgens die petisie is Cloete op 12 Junie, sonder geen geldige redes ontslaan.
Die volledige petisie:
Petisie ter Beswaar van die Onregverdige Ontslag van ’n Toegewyde Munisipale Rekenmeester
Aan: Die Munisipale Raad Hessequa Munisipaliteit Riversdale
Kopie is ook gerig aan:
Munisipale Bestuurder, Albert de Klerk
Raad se Voorsitter
Openbare Beskermer van Suid-Afrika
Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (COGTA)
15 Junie 2025
Onderwerp: Petisie ter Beswaar van die Onregverdige Ontslag van Sophia Cloete, Munisipale Rekenmeester
Geagte Edele Lede van die Munisipale Raad,
Ons, die ondergetekende inwoners en betrokke rolspelers van Hessequa Munisipaliteit, dien hiermee ’n petisie in om formeel beswaar te maak teen die onlangse ontslag van Sophia Cloete, ’n toegewyde en hardwerkende rekenmeester by Hessequa Munisipaliteit vir meer as 17 jaar.
Cloete het konsekwent integriteit, deursigtigheid en ywer getoon in die bestuur van munisipale finansies.
Die skielike en onverklaarbare ontslag wek ernstige kommer oor die regverdigheid, deursigtigheid en wettigheid van die gevolgde proses.
Ons besorgdhede
Gebrek aan behoorlike proses:
Die ontslag blyk uitgevoer te wees sonder behoorlike nakoming van die Arbeidsverhoudinge Wet en die munisipaliteit se dissiplinêre prosedures.
Afwesigheid van duidelike regverdiging:
Geen geldige redes is aan die publiek of Mev. Cloete gekommunikeer oor die gronde van ontslag nie.
Impak op dienslewering:
Die verwydering van ’n ervare rekenmeester bedreig die effektiewe bestuur van munisipale fondse en kan negatiewe gevolge hê vir dienslewering, veral vir ondersteuning aan behoeftiges. Verskeie openbare verwysings getuig van Mev. Cloete se toewyding en diens.
Potensiële vergelding:
Daar is kommer dat die ontslag vergeldend mag wees, moontlik verband hou met Mev. Cloete se blootlegging van onreëlmatighede of teenstand teen wanpraktyke.
Ons Eise:
Onmiddellike heraanstelling van Mev. Sophia Cloete terwyl ’n regverdige en deursigtige ondersoek aan die gang is.
’n Volledige en onafhanklike ondersoek na die omstandighede rondom haar ontslag.
Aanklagte van Onreëlmatige Aanstellings by Midvaal Munisipaliteit
Ons versoek ’n deeglike ondersoek of munisipale bestuurder Albert de Klerk sy skorsingsgeskiedenis van Midvaal munisipaliteit in 2019 aan Hessequa munisipaliteit amptenare bekend gemaak het tydens sy aanstellingsproses.
Dit is opgemerk dat mnr. De Klerk spesiale verlof by Midvaal ontvang het, maar bedank het voordat die ondersoek afgehandel is.
Die voormalige burgemeester van Midvaal, Baloyi, het destyds gesê daar was tekens van ’n sistematiese manipulasie van die proses rondom hierdie aanstellings.
Aanklagte oor De Klerk se Onreëlmatige Aanstelling in Langeberg
’n Aktiewe burgergroep het ernstige kommer uitgespreek oor De Klerk se aanstelling by Langeberg Munisipaliteit in 2021.
Hulle het gesê die klagtes van wangedrag, versuim van pligte en bedrog wat Midvaal teen hom ingedien het, is onbeantwoord omdat hy bedank het voordat die ondersoek afgehandel is.
Verdere Eise
’n Volledige en onafhanklike ondersoek na ander ontslag- en aanstellingspraktyke binne Hessequa Munisipaliteit sedert 2022 onder De Klerk.
Verseker dat alle munisipale werknemers regverdig behandel word en beskerm word teen onregverdige arbeidspraktyke.
Publieke kommunikasie van die munisipaliteit wat die redes vir Mev. Cloete se ontslag verduidelik en die stappe wat geneem word om die saak aan te spreek.
Verdere besorgdhede oor munisipale bestuurder Albert de Klerk
Sy aanstelling by Hessequa in 2022, ondanks sy skorsing by Midvaal in 2019.
Twyfelagtige besteding:
Ongeveer R1.8 miljoen bestee aan interne forensiese ondersoeke sonder betekenisvolle sanksies teen skuldiges, wat gelei het tot direkte en indirekte inkomsteverliese van R20 miljoen.
Intimidasietaktieke:
Samestelling van dosseiers oor privaat persone en besteding van munisipale fondse aan onsuksesvolle regsoorsigte teen munisipale regsadvies in.
Ongepaste invloed:
Pogings om reaksies op belastingbetalers se navrae te belemmer en weiering van die Munisipale Bestuurder om met raadslede te vergader.
Teistering deur HR-bestuur:
De Klerk se duldbaarheid van intimidasie teen voormalige vroulike munisipale werknemers, met stemopnames wat aan die raad voorgelê is.
Aanklagte van voorkeur-aanstellings:
Voorkeur aan kandidate (sy sekretaris) wat onvoldoende kwalifikasies ingedien het bo ’n gekwalifiseerde kandidaat van kleur met al die vereiste kwalifikasies, insluitend N6-sertifisering.
Die meerderheidsraad het ’n verdere volle onafhanklike ondersoek na hierdie aanklagte en ’n ondersoek na De Klerk, insluitend oorweging van skorsing in Desember verlede jaar, van die hand gewys.
Ons vertrou dat die munisipale raad hierdie petisie met die nodige erns sal hanteer en sal optree in die belang van geregtigheid, deursigtigheid en goeie bestuur.
Dankie vir u aandag aan hierdie dringende saak.
Onderteken:
Alexander Panzek
Suid-Kaap Forum het navrae aan Hessequa-munisipaliteit oor die petisie gerig en het hul as volg reageer: Didi Budricks mediabeampte by Hessequa munisipaliteit sê: "Die petisie was ontvang en word tans in sy volledigheid nagegaan, waarna dit die normale proses van petisies sal deurloop en voor die Raad sal dien."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’