JONGENSFONTEIN NUUS - Oud-Suid-Afrikaners vanuit Australië, Izabel en Anton Oosthuizen, en Pieter en Susan Conradie, het Sondag moeg in Jongensfontein aangekom, nadat hulle vanaf Mosselbaai se ligtoring hulle Pelgrimstog van Hoop begin stap het.
Hulle gaan verder tot by die Agulhas-ligtoring stap.
Die Pelgrimstog van Hoop is ’n netwerk van staproetes wat almal na Kaap Agulhas, die mees suidelike punt van Afrika oor 17 dae, lei.
Dit is ’n eeue oue geestelike reis, ’n stap vol betekenis en insig, wat deur Christene wêreldwyd onderneem word.
Op Maandagaande kan TV-kykers op Elders op KykNET die Ligtoringroete saam met Erns Grundling volg.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’